Writing from Palestine: Marthie Momberg

16/11:  Jordaanvallei, Wes-Oewer, Palestina: Die verskil wat water maak

Die songedroogde boer groet ons met vitaliteit, sy skraal
figuur in swart soos ‘n pen afgeëts op die blad van die pastelkleurige,
onbewerkte landskap. Dis ons eerste besoek aan die gemeenskap van Al Hadidiya.
Dis in die middel van die dag en warm. Hy boer met skaap en plant hawer en
koring in die winter as dit reën. Hy is nog besig met enkele sake en ons stap
solank oor die klipperige heuwel om die wêreld te bekyk. Aan die anderkant van
die dor stof onder ons voete lê ‘n lieflike groen strook met permanente geboue.
Dit is Roi, ‘n setlaarsgebied.

Water in die Jordaanvallei, soos elders in Palestina, is
kosbaar en skaars. Die Israeliese setlaars kry by verre die meerderheid daarvan
(45 miljoen kubieke meter /jaar vir 64 000 mense) teenoor die 31 miljoen
kubieke meter (in 2008) vir die 56 000 Palestyne in die vallei. Ons draai terug
en my oë val op die Israeliese militêre basis op die oorkantste heuwel. Ons
stap terug, af na die huis van tente, riete en ander vervoerbare materiaal.
Rialb-Abu Saker se vorige huis is deur soldate vernietig terwyl hy sy vrou
hospitaal toe geneem het vir ‘n bevalling.

Ons is bly vir die glasies tee wat ons aangebied word.
Ons stel onsself voor en Abu wil by my weet hoe dit was om in Suid-Afrika voor
1994 te woon. Ons gesels. Hy meen dat Palestina ‘n speelbal is vir wêreldmagte.
Dalk gee hulle geld, sê hy, maar hulle harte is nie oop vir ons nie. Hulle gee
nie regtig om wat van ons word nie. Om nou as ‘n staat verklaar te word, gaan
volgens hom niks beteken nie. Die land het hulp nodig met die opbou van ‘n
infrastruktuur. Ek kyk na hom, want daar is ‘n lig in sy oë. Ek vra wat laat
hom en sy familie dan aanhou. Ghassan, ons bestuurder en tolk, dra sy woorde oor:

This land is my life, if you take this away from me, I
will die. We will not leave our homes like those who left their properties in
1948. Not all Israelis are the same and our aims are supported by many
organisations and individuals in Israel and in other parts of the world. We
hope that this awareness of our humanity will grow. We want to live in peace
with the Jews and Christians. Peace and love is the essence of all three our
religious traditions. The current Israeli politics cannot last forever.”

Abu se vraag oor hoe dit was om in my land te woon voor
1994, en hoe dit nou met ons gaan, bly my by toe ons wegry.

For more information on life in the West Bank:  http://marthiemombergblog.wordpress.com

DISCLAIMER:

Marthie Momberg currently works for the South African
Council of Churches as an Ecumenical Accompanier serving on the World Council
of Churches’ Ecumenical Accompaniment Programme in Palestine and Israel
(EAPPI). The views contained in this e-mail are personal and do not necessarily
reflect those of the South African Council of Churches or the WCC.  If anyone would like to publish the
information contained here, or place it on a website, please first contact dudu.masango@gmail.com or the EAPPI
Communications & Advocacy Officer (eappi-co@jrol.com) for permission. Thank you.

Advertisements

One response to this post.

  1. Marthie, ek het jou vandag op RSG hoor praat. Jy het my dadelik opgewonde gehad – die Israel-Palestina konflik is na aan my hart. Dit lyk my nie asof jy self op Facebook is nie, maar ek sien daar is darem ‘n EAPPI Facebook-groep. Sien daarna uit om meer van jul werk te hoor. Hoe het jy self daar betrokke geraak, hoe lank is jy al daar, en hoe beleef jy dit?

    Johan van der Merwe
    [in George, Suid-Afrika]

    Like

    Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: